| Voëls dophou in die tuin is iets wat tot die kleinkinders geniet wanneer
hulle kom kuier. Daar is voerbakke en waterdrinkbakke op strategiese plekke waar die voëltjies die katte kan sien. Die blomme van aalwyne en plakkies (links bo op die foto) is baie gewild by suikerbekkies en daarvan is daar oorgenoeg in die tuin. Bome soos die vyeboom, bessies en blomme vir nektar is nodig om suikerbekkies en die vrugte eetende voëltjies te onthaal. ![]() Die onthaal hoekie. 'n verskeidenheid vrugtehappies langs die bad en drinkbak. Die aalwyne keer die katte om die voëltjies te bekruip met net die een kant oop waar die voëls moet op die uitkyk wees vir gevaar.
Begin die wildegrashoekie deur van die voëltjiesaad en ander grassaad te saai. Wilde saad waai spoedig daarby in. Verwyder onkruid en los alle grasse, koring, hawer en ander graansoorte. Met die tyd sal daar 'n groot verskeidenheid grasse groei en 'n paar veldmuise mag dalk ook intrek (regte veldmuisie gaan nie in die huis in nie). Vir aalwynsaad fotos en inligting gaan kuier in my tuin webwerf |
|
Aanstoot kan nie gegee word waar hy nie geneem word nie C.J. Langenhoven |
