My Stokperdjies

hierdie blog se inskrywings

Kyk hoe soet sit hulle twee daar.


 

Rudi en ek deel en geniet die stokperdjies saam.

Die katte geniet die dubbelle  aandag. maar die kat op Rudi 

se skouer besit hom.  

Die katskou-rosette dekorasies in die agtergrond is maar net 

'n noodsaaklike deel van katte teel en 'n deel wat ek nie as 

stokperdjie beskou of besonder geniet nie. 

 

Die komputer is die beste stokperdjie wat die mensdom getref  

het vir oud en jonk maak nie saak wat daardie persoon se 

belangstelling is nie.


 

Die poppe so effe sigbaar ver regs.  Dit is 'n ou stokperdjie wat reeds

aangegee is aan my dogter.  Dit woon net nog hier omdat daar meer 

plek is by Ma.


 

Wat nog  kort op die prentjie hierbo is ons aalwyne.  'n Interessante

 stokperdjie wat ons almal geniet.

 

 

 

Moenie jou vriend vergeet nie dit sal hom seermaak, hou dit vir jou vyande.  -  CJ Langenhoven

 

tuisblad.nav.gif (1656 bytes)