| Maak jou eie saad
en kruisings om in jou tuin te pas. Daar is net een
punt wat belangrik is. Die aalwyn
plante
kan nie selfbestuif nie.
Die plante mag wel van saad gekweek
wees van dieselfde plant. 'n Stiggie is steeds 'n
deel van daardie plant. Dit maak vernaam by Aloe barbadensis
bestuiwing moeilik.
Hierdie aalwyn gaan mal aan met
stiggies maak en so word die stiggies
gekweek vermeerder en weer gekweek, dat ek (in die Weskaap) nie eers
A.barbadensis van Namibia af kan bestuif nie. Daar
was niks verkeerd met die plante as sulks nie want ek het wel
kruising met A. gerstnerii op hierdie Aloe
barbadensis plante gemaak.

Kruisings soos op die foto is 'n baie
interessante uitdaging. Daar is 'n moontlikheid dat die gene van
die twee plante nie bymekaar pas nie, maar dit is die moeite werd om
te probeer. Vir meer fotos van aalwynkruisings http://succulentplants.net/afrikaans.aalwyne/aalwyn.kruisings.htm
Let op die lengte van die stempel
- 'n lang stempel aalwyn kan 'n
kort stempel aalwyn
bestuif maar nie andersom nie. Sommige ge-oefende kwekers los die
probleem van selfbestuiwing op wanneer hulle 'n enkel eksemplaar het,
deur eers stuifmeel van 'n kort stempel op te sit wat dan
die stempel stimuleer
maar nie ver genoeg kan afgroei nie en daarna sit hulle dieselfde
plant se stuifmeel op wat die stempel bestuif.
Normaalweg - soos reeds genoem - bestuif die stuifmeel van dieselfde
plant nie die plant nie. Ek het geen ondervinding
of hierdie raad werklik werk nie.
Daar is natuurlik baie ander redes waar die gene eenvoudig nie klop
nie. Ek sien by sommige kruisings dat daar bv. nooit stuifmeel is nie. Dit
is 'n opvallende maar nie doodlike fout nie,
maar mens besef dat daar
baie ander onopsigtelike foute kan wees wat veroorsaak dat
sommige kruisings nie werk nie.
Daar is aalwyne wat amper alles kan bestuif soos aloe arborescens en
Aloe marlothii en netso is daar
uiters moeilike aalwyne ook. Kruisings afkomstig
van moeilike aalwyne is op
hulle beurt ook moeilik. Daarom
kruis die kweekers eers met Aloe arborescens om daardie
eienskap bietjie makliker te maak en
nog 'n voordeel is Aloe arborescens groei vinnig en het 'n goeie
blom.
Daar is allerhande boererate
wanneer 'n plant nie saad maak nie, soos
'laat die
plant swaar krÿ' en so
aan. Belangrik is dat 'n ander plant wat nie 'n kloon(stiggie)
van dieselfde plant is nie gebruik moet
word. Die plante mag wel van saad gekweek wees van dieselfde
plant en bestuif deur diesefde plant.
|