seisoene in die tuin |
|
Die veranderings in die tuin deur die jare en ook die seisoene.
'n Jaar of so nadat ons hierdie deel van die voortuin aangeplant het. Dit is somer - warm en droog. Een van die twee Euphorbias op die foto bo, het gevrot nadat ek dit natgemaak het. Blykbaar is die algemene reël by vetplante om dit in baie warm toestande nie nat te maak nie.
'n Paar jaar later en kort na die eerste winter reën. Die groen kleur is vervrissend. Selfs die oorblywende Euphorbia het dit reg gekry om te verkleur. Die Euphorbia is regs voor, moeilik om te sien, reg voor die aalwyn in blom. Die aalwyne het vinnig groter gegroei as die Euphorbias - vergelyk die foto heel bo. Die twee Aloe glaucas links agter het pragtig gegroei. Hulle kan net-net gesien word op die foto heelbo. Die naam glauca (blou) pas mooi by hierdie aalwyn. Die groot aalwyne regs op die foto is kruisings. Die aalwyn regs is die een wat so mooi rooi blom op die foto hieronder. Dit is 'n Aloe ferox x Aloe aborescens kruising.
Dit is nou Augustus en die daisies en vygies is in vol blom en die aalwyn is amper uitgeblom. Al die aalwyne blom nie dieselfde tyd nie so daar is nog baie aalwyne in blom.
Die klein glansende kewertjies doen geen skade nie. Hulle vul die rol van bye deur die blomme te bestuif en in ruil eet hulle nektar en moontlik stuifmeel. Stadig met die gif in die tuin. |
|
|
|
| Ons het 'n groot verskeidenheid aalwynsaad | |
| Die waarde van die koelte is in die warm son rondom hom. - CJ Langenhoven |

11/07