|
inskrywings in hierdie blog kliek hier Om te dink - Garfield het net 'n teddiebeer
Dit kos 'n nogal geduld om die jagluiperd en die kat aan die slaap te kry, maar na 'n dag se werk is dit geen probleem vir Japie nie.
Daar is geen speelding so lekker soos 'n stert nie en so 'n groot stert is sekerlik elke katjie se droom. Kyk daardie tande gereed om die vyand af te maai! Dan is daar mense wat dink dat diere nie 'n verbeelding het nie.
Ek is dors !
Vrae wat gevra word. Ek is nie 'n kenner van die jagluiperd nie, maar hier is kortliks wat ek weet. Dit is verbasend hoe uiteenlopend die opinies is, daarom is dit altyd goed om 'n verskeidenheid opinies te nader. Die jagluiperd is gebou vir spoed en nie om te veg nie. Wanneer 'n boer in Namibia 'n jagluiperd in 'n strik vang is 'n besliste houding en 'n klap gewoonlik genoeg om die grootkat in toom te hou. Die jagluiperd word nie doodgemaak nie maar aan Natuurbewaring oorhandig. Nogtans stem ek saam dat die jagluiperd die kat met
een hap van kant kan maak, maar dit geld vir die honde ook. Daarby is
die jagluiperd baie vol nonsens waaraan hy byt en die smaak van kat
..... eeejuk... seblief... maar daar is ook
genetiese nadele. Miskien kan daar wel sukses wees om hulle te red in
die moderne tyd.
|