| inskrywings in
hierdie blog kliek hier 'n jagluiperd, kat en twee honne is die vierbenige kinders van Japie Pienaar en sy vrou Magda.
Magda vertel:- Oorspronklik was die cheetah se naam Nancy, maar dit het verander na Jollie (Die mense wat die cheetah groot gemaak het op die bottel vanaf geboorte, het haar Angeline Jolie genoem.) Die Duitse Herdershond se naam is Frankie omdat die eerste fotos van hom 'n blou refleksie van die werker se klere in sy oog gewys het . Dit het Japie laat dink aan Frank Sinatra O'l Blue Eyes. Die Siamees heet Anix (vernoem na 'n vriendin Anika.) maar hy word meestal "Die Witte" genoem en die Pug se naam is eenvoudig Boelie.
Japie Pienaar en sy vrou Magda se plaas is gelee in die Vrystaat 20 km. vanaf Wesselsbron, R.S.A. 'n Gedeelte van die plaas is 'n natuur reservaat en verder word geboer met Arabiese perde en landbou. In die reservaat is daar 'n self-bedien-kamp langs die rievier met 'n voertuig om in rond te ry. Wild te sien is bokke, buffels, renoster, en seekoei, asook 'n groot verskeidenheid voels (200+species) en vis in die rivier. Brakfontein private natuur reservaat. Kontak Magda Tel. (+27) 057 899 2426
Ek kan my voorstel wat hierdie buffel al kouende dink. Hy jeuk vir 'n onder-onsie met daardie jagluiperd.
Noudat almal mekaar ken kan ons oorgaan na meer aksie in die volgende blog.
Help dat jou swakke medinger op die bene bly. As hy tot niet gaan, kom daar straks 'n sterke in sy plek - Langenhoven
|