|
||||||||||||||||||||
|
kweek aalwyne van saad en lok voëls na die tuin |
|||||||||||||||||||
'n aalwyntuin spaar water en arbeid. |
||||||||||||||||||||
|
||||||||||||||||||||
| foto regs: 'n saadbak hoog go-op 'n boomstomp waar geen kat kan bykom nie. | |
| Aalwyne en Cotyledon bekend as plakkies (links bo) se blomme is baie gewild by suikerbekkies. | |
| Maak 'n klein wildernis waar daar enigsins spasie in die tuin is. Saai van die voëltjiesaad en enige ander grassaad. |
| Dit is 'n plesier om die voëls dop te hou terwyl hulle hang en swaai aan die halms terwyl hulle eet. Verwyder onkruid, maar los alle grasse, koring, hawer en ander graansoorte. Met die tyd sal daar 'n groot verskeidenheid grasse groei en 'n paar veldmuise mag dalk ook intrek (regte veldmuisie gaan nie in die huis in nie). |
| Plaas 'n klein uitkykhut naby die graswildernis waarvandaan die voëls dopgehou kan word en vernaam om fotos te kan neem. |
|
|